Afrikaans 100 | Uit die mond

Afrikaans 100 | Uit die mond
-
Aangebied deur Afrikaans 100, ter viering van die taal se 100ste bestaansjaar as amptelike taal.
Uit die mond is ’n musikale viering van die Afrikaanse taal uit elke mond wat dit praat. ’n Taal, net soos ’n mens, gaan deur baie gedaanteverwisselinge. Ons word gebore, ons groei, ons vra. Ons praat, ons sing. Afrikaans is ’n geskenk aan elkeen wat daarin leer, liefhê en leef. Van Afrikaanse musiek se grootste stemme, begelei deur ’n orkes, neem ons op ’n reis deur die geskiedenis van Afrikaanse musiek in al sy vorme, invloede en skoonheid.
Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm Teks en regie: Bianca Flanders
Musiekregisseur: Melissa van der Spuy
Vervaardiger: Afrikaans 100