BOEK • BYBEL • BIOSKOOP

BOEK • BYBEL • BIOSKOOP – Nataniël, orrelis Zorada Temmingh en pianis Charl du Plessis

Wed - 07 Aug 2024 - 19:00
R290

Share this event:

  • BOEK • BYBEL • BIOSKOOP

    NG Moederkerk Stellenbosch
    6 + 7 Augustus 2024

    Met hierdie unieke uitvoering bring verhoogkunstenaar Nataniël, orrelis Zorada Temmingh en pianis Charl du Plessis hulde aan merkwaardige vroue, hul werk, nalatenskap en invloed.

    Komponiste, skrywers, sangeresse, aktrises, ontwerpers asook tydlose karakters uit rolprente, literatuur, Bybelverhale, kuns en teater word almal besoek met musiek en Nataniël se gewildste en nuutste stories.

    As studente was Nataniël en Zorada dekades gelede reeds saam op verskeie verhoë in Stellenbosch. Nataniël en Charl du Plessis is die afgelope 24 jaar saam op die verhoog. En dié drie kunstenaars was ook alreeds saam op die verhoog met vertonings in Pretoria en Bloemfontein. Nou, in die gees van Vrouedag, bring hulle BOEK • BYBEL • BIOSKOOP na Stellenbosch vir slegs twee aande ! Onmisbaar!

    Geen pouse
    Ongeveer 90 minute
    Geen kinders onder 14
    Geen selfone