19:00 | 29 September

Brendan Peyper & Band by die Atterbury Teater

19:00 | 29 September

Tickets for 29 September:

Skoliere kaartjies kos R120.00.
*Om Skoliere afslag toe te pas op jou kaartjies, gebruik die volgende koepon kode tydens betaling;

BRENDAN1 = X1 Skolier afslag
BRENDAN2 = X2 Skolier afslag
BRENDAN3 = X3 Skolier afslag
BRENDAN4 = X4 Skolier afslag
BRENDAN5 = X5 Skolier afslag
BRENDAN6 = X6 Skolier afslag

Stop, Wag, Bly ‘n Bietjie want Hy Loop Oop en klim sy Everest nog hoër. Brendan Peyper is Sterk Soos ‘n Leeu met sy nuutste album, Twintig20, beskikbaar vanaf 3 April 2020!

Die bul van Bloemfontein is terug met sy splinternuwe album vir 2020, getiteld Twintig20! Met hierdie jong ster se aanhoudende sukses in die musiekbedryf sedert sy eerste trefferbekendstelling van Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie, is dit geen verrassing dat sy aanhangers nie kan wag vir hierdie nuwe album nie. Brendan het besluit om terug te keer na sy wortels met dié nuwe album, maar met ‘n vars, nuwe klank. Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf” kry hy nogsteeds sy positiewe en opbouende boodskap daar buite
met liedjies soos “Sterk soos ‘n leeu” en “Ons maak saak” (ft. Elandré, Christia Visser & Refentse), wat reeds vroeër hierdie jaar vrygestel is. Brendan het selfs ‘n liedjie geskryf vir sy beste pel, Trompie, sy Jackrussel, ‘n liedjie wat jy beslis wil hoor. Met die lekker onderliggende-toon van die album het hy ook meer volwasse gegroei as kunstenaar wat deurskyn met ‘n meer “live band, country rock” -klank, wat jy nie anders sal kan as om jou voete-en-jou-kop te skud nie. Twintig20 sal jou aan die dans en aan die spring hê, laat verlang en laat lag soos Brendan jou op ‘n reis vat van sy 20/20 visie vir die toekoms.

Twintig20 is een van die treffer-albums wat jy beslisl in jou versameling wil byvoeg.

Share this event:

COVID-19

– Masks are compulsory
– Temperature will be taken
– Attendance register must be completed
– A limited number of seats are available
– No more than two audience members may sit next to each other
– Maximum space is left open between booked seats
– Be sure to be on time for the event to complete the attendance register
– Disinfectant / Hand Sanitizer will be available in the foyer