25 & 26 May | 19:00 | R220

Demi Lee

25 & 26 May | 19:00 | R220
Atterbury Theatre, Pretoria

Select the preferred date:

Jy ken haar naam, Demi Lee Moore. Die Kontrak wenner wat keer op keer bewys het sy is hier om te bly is terug met haar heel eerste oorspronklike album, en wie sou kon raai waaroor die titelsnit, Jy Ken My Naam, werklik gaan. Hierdie liedjie handel oor die verhouding wat sy met haar ma het, en die rots wat sy in haar lewe is. Dit is welbekend onder haar ondersteuners dat haar gesin nog altyd haar inspirasie en grootste motivering is.

Daar is verskeie skrywers betrokke by haar nuwe album wat al vir drie jaar onder leiding van die Suid-Afrikaanse musiek-legende, Arnold Coleske, vorm aangeneem het.

Johan Oberholzer, wat haar groot treffer, Mis Eet Slaap Herhaal, neergepen het, is ook verantwoordelik vir nog ‘n paar nuutskeppings spesiaal vir Demi Lee geskryf. Onder andere Kan Jou Nie My Maak Liefhê wat die eerste enkelsnit vanaf haar nuwe album is. Asook die opvolg-enkelsnit Wie Se Hart Breek Jy Vanaand. Paulo Azevedo, die vervaardiger van hierdie album, glo dat hierdie reuse opvolgtreffers vir Demi sal wees.

Twee jaar later het sy haar passie vir country musiek uitgeleef met die vrystelling van ‘n country album, belaai met liedjies wat haar na aan die hart lê. Haar weergawe van die treffer ‘Neon Moon’ het selfs die nommer 1 posisie op Jacaranda FM se treffersparade bereik. Hierdie album het ook goue status bereik.
Nou is sy bitter opgewonde om haar eerste oorspronklike album, waarmee sy haar eie stempel afdruk, met haar aanhangers te deel. Met ‘Jy Ken My Naam’ leer ons Demi Lee uiteindelik beter ken. Sy kry ook hier die geleentheid om haar eie konsepte en idees te vestig. “Daar het baie liefde in die maak van hierdie album ingegaan”, sê Paulo Azevedo. Die hele album is opbouend en dit bring Demi Lee se dieper siel uit.

Seating Legend

Available seats

Available seats

Booked seats

Booked seats

Unavailble seats

Unavailble seats

In another user's cart

In another user's cart

COVID-19
  • Masks are compulsory
  • A limited number of seats are available
  • Maximum space is left open between booked seats
  • Disinfectant/Hand Sanitizer will be available in the foyer
  • A vaccination certificate and a negative COVID test is not currently mandatory.
    Our theatre capacity is low enough that we do not need to enforce this.