Elzabé Zietsman – Vier Panado’s en ‘n Chardonnay

4PC-Event-Banner

Elzabé Zietsman – Vier Panado’s en ‘n Chardonnay

Sun - 01 Dec 2024 - 15:00
R200 - R220

Share this event:

  • Vier Panado’s en ’n Chardonnay

    MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel TEKS EN REGIE Johann Slabbert MUSIEKREGIE Tony Bentel VERVAARDIGER Drama Drama

    Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24

    In hierdie kabaret, ook bekend as “Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****” vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

    Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.

    “In net meer as ‘n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier ‘n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met ‘n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert werk en verken ‘n groot emosionele terrein in Vier Panado’s en ‘n Chardonnay – hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend.” – Laetitia Pople, Netwerk24
seating legend