12 Junie | 17:00 | R195

Erich, Corlea Botha & Friends

12 Junie | 17:00 | R195

Tickets for 12 Junie 17:00

Erich Jordaan is ‘n talentvolle 10 jaar oue seuntjie wat die laaste paar jaar verskeie toekennings ontvang het vir sy uitsonderlike sang vermoë. Die mees noemenswaardige was die Vocal Grand Champion toekenning wat hy ontvang het by die South African Championship of Performing Arts in October 2021, waar hy stof in grootmense en kinders van alle ouderdomme se oë geskop het. Nou kan hy deelneem aan die World Championships for Performing Arts later hierdie jaar in die VSA. 

Ten einde geld in te samel vir Erich se reis na Los Angeles span hy saam met ander kunstenaars om ‘n ongelooflike konsert op die planke te bring. Behalwe dat hy die gehoor gaan vermaak met van die liedjies wat hy by die World Championship gaan sing, gaan Corlea Botha ook haar wonderlike stem laat tel deur ‘n paar van haar beste en gewildste liedjies te sing. Verder gaan ‘n paar mense van Erich se sang-studio, Forte Academy of Performing Arts, ook optree, wat die eienaar Gerhard van der Merwe insluit, sowel as Ora Mashigo, Liané Brümmer en Theresa Erlank. En dan as ‘n spesiale bederf gaan die Magaliesberg Kinderkoor, ‘n jeugkoor in Pretoria waarvan Erich deel is, ook die aand die gehoor vermaak. 

Kom geniet hierdie ongelooflike konsert, en ondersteun asb vir Erich om sy reis na die World Championships moontlik te maak!

COVID-19
  • Masks are compulsory
  • A limited number of seats are available
  • Maximum space is left open between booked seats
  • Disinfectant/Hand Sanitizer will be available in the foyer
  • A vaccination certificate and a negative COVID test is not currently mandatory.
    Our theatre capacity is low enough that we do not need to enforce this.