ETOF bied aan “Ballroom Boys”
ETOF bied aan “Ballroom Boys”
-
Ballroom Boys
In Samewerking met die stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans en Atterbury Trust fonds en ander Instansies.
Datum: 21 September 2024
om 18-00-19.30
‘n Dramatiese voorstelling van ’n ma en haar twee seuns wat as gesin deur bendegeweld uitmekaar geskeur word. Die kollig val op die uitdagings wat veroordeelde misdadigers in die gesig staar wanneer hulle ná hul vrylating weer deel van die samelewing probeer word. Hoe oorkom mens die gemeenskap se wanopvattings wat jou daarvan weerhou om ’n nuwe toekoms te betree? Dié SBA-projek demonstreer hoe teater ’n bydrae kan lewer om mense, families, dwelmverslaafdes, bendelede, vrygelate prisoniers en gemeenskappe te help bemagtig. ’n Kort gespreksessie met die gehoor vind na die vertoning plaas.