Forte – Rika Sennett en Jacques Adriaanse

forte - FB

Forte – Rika Sennett en Jacques Adriaanse

Sun - 23 Mar 2025 - 15:00
R200

Share this event:

  • Emma Barker, ʼn wêreldbekende tjellis, sit al bykans ʼn jaar in ʼn donker kamer en staar na haar gewese man se tjello. Sy kan haarself net nie so ver kry om weer musiek te maak nie. Alhoewel haar man siek was, is sy oortuig dat die siekte nie die oorsaak van sy dood was nie. Iemand lieg vir haar. Dan stap ʼn jong musiekstudent een oggend ongenooid in haar huis in. Sy ken hom van geen kant af nie, maar tog weet hy alles van haar af. Hoekom laat hy haar so baie aan haar oorlede man dink? Watter diep geheim bewaar hy? Veteraanaktrise Rika Sennett maak haar terugkeer na die verhoog in hierdie kragtoer-produksie saam met die talentvolle Jacques Adriaanse.
    Albei akteurs is ook onlangs benoem by die Momentum Beleggings Aardklop Kunstefees vir beste aktrise en ondersteunende akteur Drama

    Met: Rika Sennett en Jacques Adriaanse
    Teks: Pierre-André Viviers
    Komponis/Oorspronklike musiek: Vaughan Mclea
    Regie en Stelontwerp: Pierre-André Viviers
    Verhoogbestuurder: Jacques Jacobs
    Vervaardiger: Pierre-André Viviers
    Moontlik gemaak deur: NATi, Innibos en NWU Kunste
seating legend