4 June | 19:00 | R290 - R340

Gé Sing: Hoor My Lied - André Schwartz, Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman

4 June | 19:00 | R290 – R340
Atterbury Teater, Pretoria
1200X628

Gé Sing: Hoor My Lied - André Schwartz, Arina de Witt, Louis Loock, Stephanie Baartman 4 June | 19:00 | R290 - R340

Tickets for 4 June | 19:00

seating legend

Dis vanjaar 25 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied! Frans Swart, regisseur van Gé Sing: Hoor My Lied sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie Gé Sing: Hoor My Lied word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars: André Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman. ‘n Volle orkes, onder leiding van musikale regisseur Chanie Jonker begelei viermanskap. Die regie en teks deur Frans Swart

 

Additional Info
  • Venue: Atterbury Theatre
  • Show duration: 105 minutes (includes break)
  • Age restriction: No
  • Ticket price: R290 – R340
  • Wheelchair bookings can now be done online – link available on request. 
    Contact us on info@seatme.co.za / info@atterburytheatre.co.za
  • Unfortunately, due to our terms and conditions we do not offer refunds.
    All purchases/bookings made on Seatme are final.
  • The foyer doors will open an hour before the show and the bar will be open up to 10minutes before the show commences.
  • The bar will be closed for the duration of the show.