Jak - Facebook - Helder2

Jak de Priester – Hartkamer @ Helderberg Teatro

Share this event:

  • Na vier jaar stel Jak de Priester ’n nuwe album getiteld Hartkamer bekend met splinternuwe liedjies. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Jak neem die nuwe vertoning in 2024 na verskeie teaters en feeste en stel sy nuwe liedjies bekend, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” “Bobbejaan langs die baan” en vele meer.