FACEBOOK- nat vrou

Vrouedag met Nataniël

Fri - 09 Aug 2024 - 11:00
R300 includes welcome drink

Share this event:

  • VROUEDAG MET NATANIËL

    Op Saterdag 9 Augustus tree Nataniel op as gasspreker by Laerskool Arista se Damestee.

    Nataniël, bekend as sanger, skrywer en storieverteller, tree al vir meer as twee dekades op as spreker. Sy jaarlikse GESELS-toer is tans die deel van sy loopbaan wat die vinnigste groei.

    Op 9 Augustus praat hy oor die vroue in sy lewe, in die geskiedenis, in literatuur, in die kultuur van stories, in die werkplek, in die moderne samelewing en in elkeen se nabyheid.

    Met insig, eerlikheid, humor, stories en persoonlike herinneringe gesels hy oor die sterk voorbeelde van die vrou as individu. Ook sy legendariese ouma!

    Gehoorlede kan vooraf anonieme vrae in ’n houer plaas, hierdie vrae beantwoord hy spontaan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!

    Kaalkopwinkel in die foyer! Boeke, kerse, keramiek en kombuisolies!