11 May | 11:00 | R290

Nataniël Gesels 2024 | Helderberg Teatro @ Doxa Deo

11 May | 11:00 | R290
FACEBOOK- nat helderberg2

Nataniël Gesels 2024 | Helderberg Teatro @ Doxa Deo 11 May | 11:00 | R290

Tickets for 11 May | 11:00

Afrikaans

GESELS 2024

 Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde en vinnig-groeiende GESELS-reeks!

 GESELS 2024 word op Saterdag 11 Mei aangebied by Helderberg Teatro @ Doxa Deo!

 Soos elke vorige jaar, het GESELS 2024 ’n splinternuwe tema:

“Angs, prestasie, nóg angs en sjokolade”.

 Wat presies beteken die woord, “presteer”? Deur wie word dit bepaal? Hoe word dit gemeet?  Is dit enigsins nodig? Wat is die beloning? Wat is die prys wat betaal word?

 Hierdie fassinerende onderwerp word van alle kante bekyk met verassende, insiggewende, selfs skokkende nuwe ontdekkings.

 Met stories, humor, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël hierdie yslike onderwerp.

 Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!

 Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse en kombuisolies in die foyer!