2 July | 11:00 | R290

GESELS 2022 - Nataniël

2 July | 11:00 | R290
Atterbury Theatre, Pretoria

Tickets for 2 July 11:00

Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde GESELS-reeks.

Op publieke aandrang word twee ekstra praatjies op Saterdag 2 Julie aangebied by die Atterburyteater.

Soos elke vorige jaar, het GESELS 2022 ’n splinternuwe tema: STORIES!

Die afgelope twee jaar worstel almal met (heel moontlik) die grootste gebeurtenis van ons elkeen se leeftyd. En soos die wêreld op sy kop bly staan, word elke siel meer bewus van homself en dié in sy onmiddellike ruimte.

Elke wese, van vaal tot kleurvol, stil tot uitgesproke, gebroke tot jubelend,  woedend tot dankbaar, loop wetend of onwetend rond met al die kenmerke van ’n goeie storie: Karakter, Krisis, Konfrontasie, Kindertyd en Keuses.

Met meer stories, meer humor, meer vrae, meer antwoorde, meer vermaaklikheid en meer erns vier Nataniël ons stories: Lewensverhale, Fabels, Geskiedenis en Openbaringe.

Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!

Saterdag 2 Julie 2022

Atteryburyteater

11:00 + 15:00

Bespreek nou by www.seatme.co.za

Alle veiligheidprotokol word gevolg.

Maskers steeds verpligtend.

Geen kinders onder 15.

Beperkte aantal sitplekke.

Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, tuisgebak, geskenke, kers en kombuisolies in die foyer!

COVID-19
  • Masks are compulsory
  • A limited number of seats are available
  • Maximum space is left open between booked seats
  • Disinfectant/Hand Sanitizer will be available in the foyer
  • A vaccination certificate and a negative COVID test is not currently mandatory.
    Our theatre capacity is low enough that we do not need to enforce this.