Natanïel in Concert: Durbanville

Natanïel in Concert: Durbanville
-
Ná 38 jaar op die verhoog staan Nataniël bekend as sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon met sy asembenemende kostuums. Op Sondag 30 Maart het inwoners van Durbanville die geleentheid om Nataniël in Concert te ervaar, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaakste stories in Afrikaans en Engels. Nataniël deel die verhoog van Durbanville Hoërskool (DHS) met die Charl du Plessis (Trio) vir hierdie enkele uitvoering. Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper Floris Louw word spesiaal vir die geleentheid onthul.