Stinkhout – Frank Opperman & Wilhelm van der Walt

stinkhout FB lig

Stinkhout – Frank Opperman & Wilhelm van der Walt

Mon - 14 Apr 2025 - 19:00
R220

Share this event:

  • Louw keer terug vanuit Londen na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalkie. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was jare laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, raakpunte probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n dekade-lange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het, en ’n konstante herinnering aan Amanda, vrou en ma, wat al 25 jaar gelede oorlede is. ’n Storie oor ’n pa en seun wat rekenskap moet gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind.

    Philip Rademeyer vertel ’n storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgewortelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood. Stinkhout het by Momentum Beleggings Aardklop 2024 toekennings ontvang vir Beste Toneelproduksie, Beste Teks en Beste Akteur (Opperman), asook die Hartsvriende-toekenning vir die Beste Algehele Produksie by die fees.

    Met: Frank Opperman, Wilhelm van der Walt
    Teks: Philip Rademeyer
    Regie: Philip Rademeyer
    Stelontwerp: Philip Rademeyer
    Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Andi Colombo
    Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop
    ’n Ko-produksie tussen Momentum Beleggings Aardklop, KKNK en Suidoosterfees
    Moontlik gemaak deur: AK21
    Ondersteun deur: NATi
seating legend