1200x628 jipo

West – Ernie Bates, Mac Young & Hugo Hewitt

Tue - 27 Aug 2024 - 19:00
R200 - R250

Share this event:

  • Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not yet, anyway.” Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in countrymusiek met hulle harmonieuse vertolking van countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van ‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charley Pride se “I’m So Afraid of Losing You Again” een van die treffers was op West se debuutalbum, wat in 2021 verskyn het. Die manne het intussen nog drie albums die lig laat sien, en aanhangers is gaande daaroor!
seating legend