Magda en haar Erhard, how Louw can you go?

Magda en haar Erhard, how Louw can you go?
-
Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so…
Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem op Louw) So eerlikwaar, die begin is effens flou, maar die middel is regtig… oukei-erig. En die einde sal jou met stof tot nadenke los. Hopelik.
Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die verskillende fases van oudword – baie jare wat ons in prentjies kan opsom.
Hoe ons almal met die verfpot in die hand staan… vandat ons buite die lyne inkleur, totdat die kwas uiteindelik opdroog en ons nie meer kan dink aan prentjies om te teken nie. Maar ten minste kan ons die wat daar is nog bewonder…