Die Nataniël Kerskonsert

Die Nataniël Kerskonsert
-
DIE NATANIËL KERSKONSERT
Ná nog ’n heerlike, uitdagende en uitputtende jaar op ’n gekke planeet, sluit ons die jaar af met DIE NATANIËL KERSKONSERT, ’n vermaaklike, inspirerende ervaring vol verhale en beeldskone musiek.
Hierdie konsert met gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en gewyde liedere is ’n moet vir elkeen wat ’n heerlike, maar ook vervullende ervaring soek tydens hierdie spesiale tyd van die jaar.
Ons raak nostalgies, hoopvol en opgewonde!
Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis.
Snaaks, feestelik, altyd stylvol! DIE NATANIËL KERSKONSERT is die perfekte geskenk om jou geliefdes mee te verras.
KAALKOPWINKEL in die foyer! Boeke, kerse, cds, olies en keramiek!
Doen al jou laaste Kersinkopies!
Geen kinders onder 14
90 minute
Geen pouse
Bespreek NOU by seatme.co.za
– Tickets for Monday, December 22nd, 2025 –