Magda Louw en haar Erhard, how Louw can you go?

Magda Louw

Magda Louw en haar Erhard, how Louw can you go?

Sat - 21 Feb 2026 - 19:00
R250

Share this event:

  • Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan.
    Die tema van hulle teaterdebuut is die liefde, maar die liefde uit Magda en Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees of in films sien.
    In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem) sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg om op die feeste se verhoë te klim?
    In ’n tipe “Noises Off!” formaat neem Erhard en Magda ons deur die proses totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg verbind te bly sonder om gearresteer te word of daardie einste eg te verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpens-sindroom en al die ander sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref.
    Dis ’n komiese stuk, maar ook met ’n dieper boodskap, dat ons uiteindelik maar die pad met iemand wil stap, al irriteer hulle ons of dryf ons na drank. Daar sal ook interaksie met die gehoor wees.
    Vereenselwigheid is die kern van hierdie toneelstuk en nadat soveel mense al genoem het dat hulle met die twee karakters kan vereenselwig en sover gaan om te sê dat hulle eintlik “Magda en Erhard is”, is dit ’n wonderlike geleentheid om die wêrelde saam te bring in ’n teater of saal, waar almal saam kan lag, saam kan huil en saam kan gesels oor die dinge wat ons almal uiteindelik gaan beleef.
    Oudword, of dit nou saam of alleen is, seerkry, of dit nou fisies of emosioneel is, en die wit lig wat ons almal elke dag, elke oomblik, ’n bietjie nader wink…
seating legend