Annie+Helen

ANNIE+HELEN ATTERBURY EVENT BANNER 1200 x 628px

Annie+Helen

Sat - 28 Feb 2026 - 11:00
R240

Share this event:

  • In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat beide lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 13-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, te hoor, of te praat.

    Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskerumutselings in gebaretaal; ‘n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing.

    In ’n wêreld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue – en die mense wat hulle omring – ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer, en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit.

    Na uitverkoopte vertonings by al die groot kunstefeeste in die land, elk met ‘n dawerende staande ovasie kom Annie+Helen die eerste keer na die Noorde (Fairtree Atterbury Teater) vir slegs 6 vertonings. Annie+Helen merk die terugkeer van Wordsmith’s Theatre Factory, een van die land se oudste onafhanklike Afrikaanse teatermaatskappye. Skrywer/vertaler/regisseur Hennie van Greunen, en akteur/TV persoonlikheid/ vervaardiger Pedro Kruger bou voort op hul legendariese produksies soos Lyf, Op die vrou af, Dinsdae by Morrie, Die Naaimasjien, Rondomskrik en Shirley Valentyn.
seating legend