The Sounds of Music – Amira Willighagen & Louis Loock

Artboard 1

The Sounds of Music – Amira Willighagen & Louis Loock

Sun - 15 Mar 2026 - 15:00
R290

Share this event:

  • Aangesien die kaartjies van die vorige vertoning ’n maand voor die vertoning reeds uitverkoop was, en ook op publieke aanvraag, nooi Amira Willighagen en Louis Loock jou om in die wêreld van onvergeetlike filmmelodieë in te stap, nie net die geliefde musiek uit The Sound of Music nie, maar ook die ikoniese musiek van jou gunsteling fliek-oomblikke.

    Herleef die immergewilde, tydlose melodieë van die silwerdoek met magiese vertolking deur hierdie twee kragtige stemme. Van epiese lokettreffers tot tydlose klassieke gunstelinge, sal hierdie meesleurende vertoning deur Amira en Louis jou na die hart van ‘n film neem, daar waar elke noot ‘n storie vertel. Moenie hierdie geleentheid laat verby gaan om saam te sing, herinneringe te koester en die emosionele krag van musiek vanaf die silwerdoek te ervaar nie.

    Kom vir die musiek. Bly vir die bekoring… en word vermaak deur die briljante stemme van Amira Willighagen en Louis Loock.
seating legend