SEUN
SEUN
-
LEFTFOOT THEATRE PRODUCTIONS bied aan:
SEUN
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, onthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
Wenner van vyf pryse by Momentum Aardklop 2025, waaronder beste toneelaanbieding, beste regie en gehoorgunsteling.
Wenner van die Woordtrofee vir beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025.
Regie: Nico Scheepers
Akteur: Wilhelm van der Walt
Draaiboek: Johann Smith
Boek: Dana Snyman
“SEUN” volg Dana se reis terwyl hy die uitdagings van mondigwording te midde van onrus navigeer. Dana se ervarings, wat vir die weermag opgeroep is, vorm sy wêreldbeskouing en lei hom om manlikheid, eer en identiteit te bevraagteken. Deur terugflitse en deurslaggewende oomblikke vind Dana liefde en konneksie, wat sy perspektief verander.
