PSG Wealth Pretoria-Oos: Beleggingsaanbieding
PSG Wealth Pretoria-Oos: Beleggingsaanbieding
-
Oggend Aanbieding:
Tema: Mission (Im)Possible – Jou Padkaart na Welvaart en Nalatenskap
Gasspreker: Albert Coetzee
Is jou finansiële missie haalbaar – of voel dit soms onmoontlik? Sluit by ons aan vir ’n eksklusiewe kliëntebeleggingsfunksie waar ons komplekse finansiële temas ontrafel en omskep in ’n duidelike, praktiese padkaart na volhoubare welvaart en ’n betekenisvolle nalatingskap.
Soos in ’n ware Mission Impossible-styl, begin ons met ’n Intel Briefing deur ons eie beleggingsekonoom, Dawie Klopper. Hy bied ’n skerp ekonomiese oorsig en plaas plaaslike en globale tendense in konteks, sodat jy beter kan verstaan wat regtig agter die nuus en markbewegings skuil – en wat dit vir jou beteken.
Daarna volg Operasie Toekoms — ’n gefokusde paneelbespreking met Albert Coetzee, ’n voorste stem in wêreldklas beleggingstrategieë en pionier van die Ninety One Masterclass reeks; Mariska Comins, ’n kenner in strategiese finansiële beplanning en welvaartsgroei en Hoof van PSG se Regstegniese Dienste; asook Louw du Toit, ons nuwe boedelbeplanningspesialis by Pretoria Oos.
Die gesprek fokus op sleutelkwessies wat elke belegger raak, insluitend Artikel 10C, die Een dag UA, en boedelbeplanning in die praktyk. Die doel is om duidelike antwoorde, praktiese insig en strategiese rigting te bied oor die sake waaroor kliënte die meeste onsekerheid ervaar — sonder onnodige jargon.
Hierdie sessie is ontwerp vir perspektief, begrip en vooruitdenkende strategie. Bring gerus ’n vriend saam wat, nes jy, sy of haar finansiële missie ernstig opneem.
Jou missie na Welvaart en Nalatenskap, indien jy kies om dit te aanvaar, begin hier. -
- Arabella Hotel, Hermanus
- Address: Arabella, Arabella Country Estate, R44 Kleinmond, Hermanus, 7195
PSG Wealth Pretoria-Oos: Beleggingsaanbieding - Arabella Hotel, Hermanus
6 March 2026 9:30 AM
