Fontasties Gala-Aand
Fontasties Gala-Aand
-
Fontasties, Akademia se jaarlikse kunstefees, is ’n viering van uitnemendheid, kreatiwiteit en talent. Tydens die spoggerige gala-aand word die uitblinkers – die beste van die beste – gekies om hul merkwaardige talente op die Fairtree Atterbury-verhoog te vertoon.
Kom ervaar ’n onvergeetlike aand gevul met energie, styl en opwindende vermaak, waar Akademia se studente hul passie en kuns ten toon stel.
