GESELS 2026 “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.”

Unknown-1

GESELS 2026 “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.”

Sat - 04 Jul 2026 - 11:00
R300 - R320

Share this event:

  • GESELS 2026

    Twee ekstra praatjies vir die winter!

    Daar is steeds aanvraag na GESELS 2026 en Nataniël het ingestem om op Saterdag 4 Julie nog twee aan te bied.

    11:00 en 15:00.

    Hierdie jaar se aanbieding:
    “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.”

    Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit!

    Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.

    Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!

    Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer!

    90 minute
    Geen pouse
    Geen kinders onder 14
    Geen selfone
    Kaalkopwinkel in die foyer
seating legend