Chris Chameleon – Hartloop

CC_atterbury-banner

Chris Chameleon – Hartloop

Share this event:

  • Na die herlewing van die album wat sy loopbaan begin het, keer Chris Chameleon terug na die verhoog met Hartloop; ’n reis deur die landskap van die hart.

    Die hart hardloop nie altyd vorentoe nie.
    Soms dwaal dit.
    Soms val dit.
    Soms vlieg dit.

    In hierdie nuwe vertoning verweef Chris stories, gedigte en liedere tot ’n intieme ervaring oor hoe sy hart deur ’n lewe beweeg.

    Hartloop is ’n herinnering dat elke lied, elke liefde en elke verlies net nog ’n hartklop in die groter verhaal is.

- Select the preferred date -