Diamonds – a Shirley Bassey tribute – met Anna Davel

Diamonds – a Shirley Bassey tribute – met Anna Davel
-
“Diamonds” is ‘n feesviering van die ongelooflike musiek deur Shirley Bassey opgeneem oor haar 6 dekades loopbaan. SAMA wenner Anna Davel sing hoogtepunte van hierdie diverse en sielvolle sangeres se repertoire, asook haar eie persoonlike gunstelinge, en haar vertolking is genomineer vir ‘Beste uitvoering’ tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees 2019.
Davel trek bekende liedjies ‘n nuwe baadjie aan, en die gehoor kan uitsien na akoestiese klavierverwerkings van Bassey se grootste treffers; o.a. Diamonds are forever / Never, Never, Never / Big Spender / I, who have nothing / Kiss me, Honey, Honey / Where do I begin / How do you keep the music playing / I am what I am.
“Diamonds are forever” celebrates the incredible songs that Bassey recorded throughout her live. Join SAMA award winning songstress Anna Davel in this joyous and soulful production of her personal highlights of Shirley Bassey’s 7 decade career and listen to amongst others; Diamonds are forever, Never, Never, Never, Big Spender and I am what I am.