Drie Seisoene in die Voortuin
Drie Seisoene in die Voortuin
-
Kaalwoorde is ’n geliefde Afrikaanse digter en sosiale media-stem wie se woorde diep eggo onder lesers. Sy is die skrywer van drie topverkoperbundels: Kosmos & Komete, Verlatenkloof en Tussen Holtediere.
Na twee jaar van stilte keer sy terug vir haar eerste voorlesing, waar sy deur haar bundels en nuwe, ongesiene werk wandel terwyl sy Afrikaans se honderdste bestaansjaar vier.
Die aand merk ook die afskop van die Kaalwoorde studiefonds bemagtig deur die Atterbury Trust. ‘n projek wat studente help om hul drome van verdere studie te verwesenlik. Alle fondse van die vertoning gaan direk aan die Kaalwoorde Studiefonds, waar elke student wat steun ontvang, dit later terugbetaal om ’n volgende jongmens se droom moontlik te maak.
Kom luister saam en maak ’n verskil in ’n student se lewe.
Help om drome waar te maak.
Help om hoop te skep.
