Felias en Pokkel poppekas – Die Tandemuis kry ‘n blaaskans

Felias en Pokkel poppekas – Die Tandemuis kry ‘n blaaskans
-
Felias en Pokkel: Die Tandemuis kry ’n Blaaskans
Jakkie Louw bring sy geliefde poppekas, Felias en Pokkel, terug na die verhoog – gebaseer op Jaco Jacobs se boekereeks. In hierdie storie ontmoet ons die Tandemuis (stem: Richard van der Westhuizen) wat dringend ’n blaaskans nodig het. Pokkel en Felias bied aan om sy werk oor te neem nadat Boer Jakkie se dogtertjie ’n tand verloor het. Maar Patat die kat (stem: Lizz Meiring) is op hul spoor! Kom kyk hierdie opwindende avontuur op 16 Junie by Fairtree Atterbury Teater. Sing saam met Jakkie se oorspronklike liedjies en koop ’n boekie of hand-pop ná die vertoning.