Herman Kleinhans – Liedjies en Stories

Herman Kleinhans – Liedjies en Stories
-
Met sy warm, deurleefde stem en rou eerlikheid op die verhoog, bring Herman Kleinhans ‘n aand van musiek en stories wat by jou sal bly lank ná die laaste noot. Bekend vir treffers soos Dankie, Ek Sweer en Vir Megan neem Herman jou saam op ‘n reis van verlange, liefde, lag en hoop. ‘n Intieme en eg Suid-Afrikaanse ervaring – net soos jy hom ken.