HOORT

HOORT
-
MET Stephanie Baartman & Coenraad Rall
TEKS Stephanie Baartman & Johann Slabbert
REGISSEUR Elzabé Zietsman
MUSIEKREGISSEUR Janine Neethling
PIANIS Coenraad Rall
SAMESTELLER Johann Slabbert
VERVAARDIGER Drama Drama
HOORT is ’n Semi-outobiografiese kabaret waarin die talentvolle sangeres en aktrise Stephanie Baartman haar eie, en die stories van haar familie vertel. Sy verweef gebeure uit haar lewe as dogter van twee pastore met die krag van haar stem en die liedjies wat sy sing. Terwyl sy binne die konteks van Suid-Afrika se komplekse geskiedenis soek na geborgenheid, deel sy humoristiese en aangrypende staaltjies, van haar kinderjare tot kulturele misverstande rondom identiteit. Hoort beklemtoon die veerkragtigheid van onderdrukte gemeenskappe met tipies Suid-Afrikaanse erfenis en letsels, en vier die rykdom van kulturele diversiteit deur ’n lewendige mengsel van musiek, insluitend jazz, pop, gospel, ghoema en oorspronklike Afrikaanse komposisies.