Koos, Koos en ander Meesters
Koos, Koos en ander Meesters
-
Koos, Koos en ander Meesters
Afrikaans wat ons trots maak. Afrikaans waarmee ons kon grootword. Afrikaans wat ons laat sing en luister.
“As die reën van stof en roet verby is”.
“Die hele wêreld word stil, luister in die donker nag”.
“Kyk of jy vir my die son kan vang”.
“Toe die wêreld hier nog jonk was”.
“Kyk hoe sluit die son die hemel oop”.
Mathys Roets, Jacobus Silwer en Johan Liebenberg saam op die verhoog met hierdie nuwe produksie.
Saam vertel hullle die storie van elkeen se pad met Afrikaans en die musiek wat ons almal ken. Nostalgie, trots, hartseer en samesyn.
‘n Produksie wat ons trots maak en op ‘n reis neem deur die jare en waar die Meesters van ons taal se musiek, besing word.
* Koos, Koos en ander Meesters is benoem by die Vrystaat Kunstefees vir Beste Musikale Komposisie.
