Nataniël in Concert: Kroonstad-Oos

Kroonstad-Concert-banner-leeg

Nataniël in Concert: Kroonstad-Oos

Wed - 27 Aug 2025 - 18:00
R290

Share this event:

  • Ná 37 jaar op die verhoog staan Nataniël bekend as sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon met sy asembenemende kostuums. Op Woensdag 27 Augustus het inwoners van Kroonstad die geleentheid om Nataniël in Concert te ervaar, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaakste stories in Afrikaans en Engels. Nataniël deel die verhoog van die NG Kerk Kroonstad-Oosl met die pianis Charl du Plessis vir hierdie enkele uitvoering. Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper Floris Louw word spesiaal vir die geleentheid onthul. Bespreek hier aanlyn of telefonies by die kerkkantoor 056-212 6331. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.
– Tickets for August 27, 2025 –