Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

Sandra Prinsloo

Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

Sat - 06 Dec 2025 - 15:00
R240

Share this event:

  • MET Sandra Prinsloo en David Viviers
    TEKS Henque Heymans
    REGIE Toni Morkel
    VERVAARDIGERS Leftfoot Theatre Productions en KKNK

    Die hiernamaals is toe baie minder deftig as wat ons gedink het – verbeel jouself ’n staatsdepartement uit die 1970’s. Dis waar Nora haarself nou bevind. Die enigste probleem is, sy’s nooit dood nie en niemand wil haar glo nie. Sy besluit tog om hierdie kans aan te gryp om haar oorlede man in die anderkant van die dood te gaan soek en hom – met die hulp van ’n sjarmante gids – terug te bring huis toe.

    Hierdie onvergeetlike teaterervaring ondersoek, met tong in die kies, die lewe, dood en as jy al ooit gewonder het, alles tussenin.

    Moontlik gemaak deur NATI, Innibos, Suidoosterfees, Aardklop en Vrystaat Kunstefees.
seating legend