Ouma en die Ou Koeie

EVENT BANNER, OUMA & KOEIE - ATTERBURY 2026

Ouma en die Ou Koeie

Sun - 17 May 2026 - 15:00
R250

Share this event:

  • OUMA en die ou KOEIE
    met Margit Meyer-Rodenbeck
    Coenraad Rall: Klavier en Verwerking
    Jurgen Human: Teks, Musiek en Regie:
    80 min
    Geen onder 14 (Taal)

    Soos ons ouer word is meeste mense geneig om, (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie WIL onthou nie. En die wat ons WIL onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by.

    ‘n Halwe waarheid in die 50’s, word ‘n voldonge feit 50 jr later. ‘n Wolhaarstorie word ge-“blow”-dry tot n manjifieke “beehive”, en ‘n besope “one night stand” verander jare later in n pragtige kortstondige romanse.

    Maar daar skort nog niks met Ouma se geheue nie..en sy onthou… nie net haar eie stories nie, maar ook die van die ‘vromes” onder ons… wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los. Wat Ouma wel vergeet het, is hoe om doekies om te draai

    Ouma en die ou Koeie is ‘n komedie -kabaret wat jou een oomblik sal laat skaterlag en die volgende een saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken..
seating legend