Papelellekoors

Event-banner

Papelellekoors

Sun - 21 Sep 2025 - 15:00
R 250

Share this event:

  • PAPELELLEKOORS

    ‘N KABARET DEUR Johann Slabbert
    MET Elzabé Zietsman
    PIANIS Jody Jason Petersen
    VERVAARDIGER Drama Drama

    Die kreatiewe span agter die treffers Routrip en Vier Panado’s en ‘n Chardonnay is weer terug met ‘n splinternuwe kabaret! Papelellekoors bied ‘n tong in die kies blik op diedaaglikse irritasies, konsternasies en frustrasies wat ons almal ervaar. Hierdie produksie vra die vraag: Wat gee jou papelellekoors en wat verklap dit van jouself? Elzabé Ziestman het, baie teësinnig, lank in die spieël gekyk op soek na ‘n openbaring. Sy soek nog steeds.

    Soos gewoonlik draai Zietsman nie doekies om terwyl sy die gehoor op ‘n reis na selfontdekking neem nie. Die vertoning word begelei deur die uitmuntende pianis Jody Jason Petersen, bekend aan Pretoria se gehore vir Afrikaans 100 – Uit die mond. Saam gee hulle nuwe betekenis aan musiek van kunstenaars soos Joni Mitchell, Coenie de Villiers en selfs Monty Python, asook nuutgeskepte liedjies met lirieke deur Johann Slabbert.

    Vir 15% pensionaris of studente afslag, gebruik die koepon kode: elzabe15
seating legend