PRAATING – Live

Praating Live_Event Banner_Opt2

PRAATING – Live

Sat - 31 Jan 2026 - 19:00
R285

Share this event:

  • Peach van Pletzen — oftewel Groothond — bring sy gewilde program PRAATING lewendig na die verhoog!
    Slegs drie aande lank kry jy die kans om deel te wees van die gehoor by hierdie unieke live ervaring.

    31 JAN gas: MEL DIE STORIEVERTELLER!

    Mel die Storieverteller – die skreeusnaakse komediant en skrywer wat voel soos daai vriendin by wie jy gaan kuier vir ‘n koppie tee… en dan onverwags terapie, chaos én wysheid bykry. Sy is die aanlyn sensasie en komediant met meer as 480 000 volgelinge, vier Smaakmaker-nominasies, en uitverkoopte shows landwyd. Sy meng chaos, storievertel, wysheid en pure snaaksheid op ’n manier wat net Mel kan doen.
    Mel is oorspronklik, energiek, eerlik, effens deurmekaar (op die beste manier) — en pure magic op ’n verhoog.
    ’n Vars bries, ’n volle sirkus, en ’n absolute plesier om te hoor — moenie haar by PRAATING Live mis nie!
    Bespreek nou jou kaartjies om seker te maak jy het ’n plek wanneer die legehness begin!
seating legend