Jan Blohm – Tot daar waar die lig is
Jan Blohm – Tot daar waar die lig is
-
Jan Blohm vier twee dekades se musiek met nuwe vertonings reeks:
Die bekroonde Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Jan Blohm neem gehore op ’n diep persoonlike en musikale reis met sy splinternuwe vertonings reeks – ’n viering van twee dekades se songs, stories en groei.
Die vertoning verweef Blohm se musiek met sy lewensverhaal: van die rou eerlikheid van Melkstraat Confessions, sy debuutalbum wat hom as ’n unieke stem in Afrikaanse musiek gevestig het, tot by Tot daar waar die lig is, sy nuutste en mees reflektiewe album tot nog toe.
Met bekende treffers, diep snitte en nuwe werk bring Blohm die volle spektrum van sy loopbaan na die verhoog. Elke lied dra ’n storie – van liefde, verlies en soeke, tot hoop en lig. Dit is nie net ’n konsert nie, maar ’n intieme vertelling van waar hy vandaan kom en waarheen hy op pad is.
Die produksie is gestroop, eerlik en intens – presies soos Blohm se musiek. Fans kan ’n emosionele, kragtige ervaring verwag waarin woorde en klanke saamvloei om twee dekades se eerlike Afrikaanse lied-kuns te vier.
Hierdie nuwe show is ’n moet vir aanhangers én vir almal wat glo dat musiek stories dra wat bly voortleef lank nadat die laaste noot gespeel is.
