VLUG 2-026: Roeteloos, ‘n Tuisskool Produksie
VLUG 2-026: Roeteloos, ‘n Tuisskool Produksie
-
Wat doen mens met jou lewe as jy enige iets kan kies?
Hoe moet jy weet wat vervulling gaan bring as jy baie dinge geniet?
Moet mens geld jou mikpunt maak?
Of Harde werk?
Of dalk om die Mooi dinge of genotvolle dinge te geniet?
Moet mens vir jouself ‘n “Naam” maak of maar net doen wat die maklikste is in elke oomblik – al is dit sommer net om almal op sosiale media dop te hou?
Chris se vrae oor sy plek in hierdie wêreld laat hom beland op ‘n reis om die wêreld op soek na antwoorde, of betekenis. Sy pa het besigheids vriende oral wat hom akkomodeer en Chris sien en hoor meer as wat hy verwag het…
