NATANIËL IN CONCERT
NATANIËL IN CONCERT
-
NATANIËL IN CONCERT
Met pianis Charl du Plessis
Ná ’n heerlike eerste optrede in 2025 by die Lourensford Wynkelder naby Somerset-Wes, keer Nataniël op Saterdag 30 Mei 2026 terug met ’n splinternuwe konsert!
Hierdie vertoning bestaan uit heerlike stories asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring!
Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
Kerse, kombuisolies en boeke uit Nataniël se pen sal te koop wees, ook sy nuutste publikasie, SWEETIE.
Charl Du Plessis se nuutste cd, MY FAVOURITE THINGS, sal ook beskikbaar wees!
Deure na die kelderplatform maak om 18:00 oop. Maak asb. ruim voorsiening rakend tydsberekening vanaf eetplekke, parkering of badkamers.
Lourensford Wynkelder
19:00
Saterdag 30 Mei 2026
Geen kinders onder 14
90 minute
Geen pouse
Kaalkopwinkel
– Tickets for May 30, 2026 –
