NATANIËL IN CONCERT
NATANIËL IN CONCERT Met pianis Charl du Plessis Ná ’n heerlike eerste optrede in 2025 by die Lourensford Wynkelder naby Somerset-Wes, keer Nataniël op Saterdag 30 Mei 2026 terug met ’n splinternuwe konsert! Hierdie vertoning bestaan uit heerlike stories asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring! Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis. Kostuums is ontwerp deur Floris Louw. Kerse, kombuisolies en boeke uit Nataniël se pen sal te koop wees, ook sy nuutste publikasie, SWEETIE. Charl Du Plessis se nuutste cd, MY FAVOURITE THINGS, sal ook beskikbaar wees! Deure na die kelderplatform maak om 18:00 oop. Maak asb. ruim voorsiening rakend tydsberekening vanaf eetplekke, parkering of badkamers. Lourensford Wynkelder 19:00 Saterdag 30 Mei 2026 Geen kinders onder 14 90 minute Geen pouse Kaalkopwinkel
Lourensford Wynkelder — Lourensford Wynkelder, Cape Town
Performances
Tickets
- General Access: R300