Nataniël: Mass for the Good Princes

Nataniël: Mass for the Good Princes
-
Nataniël se roerende komposisie, MASS FOR THE GOOD PRINCES, het pas op CD verskyn na etlike lewende uitvoerings in Pretoria, Johannesburg en Potchefstroom. Die emosionele reaksie en terugvoer was oorweldigend, werklik ’n unieke gebeurtenis.
Hierdie Mis is gebaseer op die klassieke struktuur van die Latynse Kerk Mis – ’n gewyde komposisie uit Nataniël se pen met ses dele en is ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ‘n nuwe generasie. Die Mis word in Latyns en Engels gesing, met vertallings en beskrywings in Afrikaans.
MASS FOR THE GOOD PRINCES word vir die eerste keer in die Kaap aangebied in die NG Welgemoed kerk op Saterdag 20 September. Daar is slegs een vertoning.
Nataniël deel die verhoog met Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord), Luke van der Merwe (kitaar), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme + perkussie) en die Akustika Kamerkoor onder leiding van Christo Burger.
Onmisbaar! Bespreek nou!
60 minute
Geen pouse
Geen selfone
Geen kinders
Kaartjies by www.seatme.co.za
– Tickets for September 20, 2025 –