30 Jaar Nádine
Kom vier saam met Nádine se 30-jaar herdenkingsvertoning by die Fairtree Atterbury Teater. Met drie dekades se glansryke loopbaan het Nádine haar plek gevestig as een van Suid-Afrika se mees gewildste kunstenaars en sonder twyfel een van die land se grootste stemme. Sy het reeds op 13-jarige ouderdom die land se harte verower met “Krappies en Krefies”, die onvergeetlike “Dankie liewe Ouma”, en die legendariese “Kaapse Draai”. Sedertdien het sy treffer na treffer gelewer en haar loopbaan met uiters suksesvolle albums uitgebou waaronder die internasionale sukses van “This Time I Know”, wat haar op ’n wêreldtoer na Europa en China geneem het. Al het sy internasionaal naam gemaak, bly haar hart by Suid-Afrika. Haar moderne Afrikaanse popmusiek, soos die album “Skildery”, het verskeie nommer-een-treffers op die trefferparades opgelewer. Hierdie spesiale vertoning is ’n viering van Nádine ’n briljante kunstenaar, popsangeres, TV-aanbieder, musiekteaterster en vermaaklikheidspersoonlikheid. 30 Jaar Nádine op 21 Augustus beloof om ’n onvergeetlike aand vol musiek, herinneringe en magie. ’n Ervaring wat jy eenvoudig nie kan misloop nie!
Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria
Performances
Tickets
- Tickets: R250