Bacchus Nel
“Ek's 'n donker man, onder die middernagmaan " uit die Bacchus Nel liedjie, Waar die dice val is verseker 'n raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer. Nel vra vrae waarom die wêreld draai soos hy draai. Hy skryf nie net sommer 'n liedjie nie ... hy vertel kleurryke stories met meelewing, deernis, diepte en 'n fyn humor en fantastiese musiek. Hy het aanvanklik die aandag van gehore getrek met sy song Op die Plaas wat na bykans twintig jaar jonger generasies lok na vertonings toe. Vandag is Bacchus Nel een van ons land se voorste liedjieskrywers. Nel tree op in klein dorpies reg oor die land en het al opgetree by van die land se grootste feeste soos Oppikoppie, Aardklop, KKNK, STRAB, Misty Waters ens. Bacchus het al 5 albums vrygestel: Hy word op die verhoog vergesel deur sy mede oud inboorling van Standerton, Rian Britz op trekklavier en klavier en die veelsydige musikant met klassieke en jazz agtergrond, Rynier Prins op kontrabas.
Umuzi Theatre — Umuzi Theatre, Secunda
Performances
Tickets
- General: R200