DIE NATANIËL KERSKONSERT - Plettenbergbaai
Ná nog ’n onverklaarbare en uitputtende twaalf maande op hierdie planeet, vergader ons vir DIE NATANIËL KERSKONSERT in Plettenbergbaai, ’n ervaring vol verhale en beeldskone musiek, nou al ’n tradisie! Hierdie konsert met gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen en gewyde liedere, is ’n moet vir elkeen wat ’n heerlike, vervullende belewenis wil meemaak hierdie tyd van die jaar. Ons raak nostalgies, eerlik en hoopvol! Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis. Kostuums is ontwerp deur Floris Louw . Heerlik, feestelik, geestelik, altyd stylvol! DIE NATANIËL KERSKONSERT is die perfekte geskenk om jou geliefdes mee te verras. KAALKOPWINKEL ! Boeke, kerse, cds, olies en keramiek! Doen al jou laaste Kersinkopies! Geen kinders onder 14 90 minute Geen pouse
Greenwood Bay College, Plettenberg Bay — Greenwood Bay College, Plettenberg Bay, Plettenberg Bay
Performances
Tickets
- General Access: R300