Jak de Priester by die Fairtree Atterbury Teater

Jak de Priester by die Fairtree Atterbury Teater

In 2001 skryf Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, die treffer wat die begin van ’n merkwaardige loopbaan sou afskop. ’n Jaar later wen hy ATKV-Crescendo en stel hy sy debuut album bekend. Nou, 25 jaar later, kyk hy terug op ’n reis vol musiek en stories. Hierdie mylpaal word gevier met ’n konsert vol geliefde liedjies en die bekendstelling van sy boek, Jak de Priester – Van Sally tot Somerset-Wes , ’n huldeblyk aan sy indrukwekkende Afrikaanse musiekloopbaan.

Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria

Performances

Tickets