Johan Liebenberg: Neil Diamond en die Storievertellers

Johan Liebenberg: Neil Diamond en die Storievertellers

Neil Diamond en die Storievertellers Wanneer wêreldmusiek en Afrikaanse stories een word Daar is liedjies wat jou laat sing, liedjies wat jou laat dans, en liedjies wat jou terugneem na ’n tyd, ’n plek of ’n mens wat diep in jou hart bly leef. Neil Diamond en die Storievertellers bring hierdie wêrelde bymekaar in ’n besondere musikale reis waar die tydlose musiek van internasionale ikoon Neil Diamond ontmoet met die eerlike, rou en poëtiese stories van Suid-Afrika se geliefde Afrikaanse liedjieskrywers. Van Neil Diamond se onvergeetlike treffers soos Sweet Caroline, Solitary Man, I Am… I Said, Hello Again en Love on the Rocks tot die musiek en lirieke van ons eie storievertellers — Johannes Kerkorrel, Koos du Plessis, Valiant Swart, Theuns Jordaan, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anton Goosen en vele meer. Dit is musiek wat grense oorbrug, generasies verbind en bewys dat ’n goeie lied geen taal nodig het om jou hart aan te raak nie. Met Johan Liebenberg aan die stuur word hierdie uiteenlopende musikale wêrelde saamgesnoer in ’n vertoning vol nostalgie, herkenning, humor, hartseer, liefde en hope saamsing-oomblikke

Kapstadt Brauhaus Centurion — Kapstadt Brauhaus Centurion, Centurion

Performances

Tickets