Laerskool Monumentpark Revue

Laerskool Monumentpark Revue

Kan ‘n mens jou wysie verander? Dit is die vraag wat die leerders van Laerskool Jakaranda hulself moet afvra in hierdie prettige weergawe van Grease. Voorgee en probeer “cool” wees is aan die orde van die dag vir die Nerds, Pliggies, Brylcreembende en die Meisies in Pienk. Sal Daniël Venter, eerstespansenter, sy groot geheim verklap en sal sy vriende hom steeds aanvaar? Gaan Sandri Swanepoel so hard probeer om in te pas dat sy haar ware self verloor? Gaan die Brylcreembende en die Meisies in Pienk ooit om dieselfde vuur sit? Gaan dié jaar se Talentaand net ‘n geleentheid wees om aan te plak en af te “’show” of gaan die Ramkatte hul ware kleure wys en die hoërskool betree as hulself? Kom ons gooi ‘n muntsuk in die jukebox en maak gereed vir sing, dans en Rock’n’roll in Brylcreem die Blyspel!

Laerskool Monumentpark — Laerskool Monumentpark, Pretoria

Performances

Tickets