Louis Loock sing Elvis

Louis Loock sing Elvis

Aanhangers word uitgenooi om die onvergeetlike vertoning te beleef, waarin die bekende Suid Afrikaanse kunstenaar, Louis Loock hulde bring aan die legendariese koning van Rock & Roll. Louis Loock se Elvis-vertoning is meer as net ‘n blote nabootsing – dit is ‘n viering van Elvis se musiek, charisma en nalatenskap. Met kragtige sang, spesiaal ontwerpte kostuums en ‘n energieke verhoogaanbieding, bring hy die gees van een van die grootste kunstenaars wat die wêreld nog opgelewer het. Gehore kan uitsien na ‘n aand gevul met Elvis se grootste treffers, wat van sy vroeë rock en roll treffers, tot die tydlose ballades en konsertgunstellinge. Louis Loock se vertoning spreek nie net tot toegewyde Elvis aanhangers nie, maar ook tot ‘n nuwer geslag wat sy musiek ontdek. Elke vertoning is sorgvuldig saamgestel en maak gebruik van kitaar en baskitaar spelers om hierdie buitengewone loopbaan te vereer. “Of jy al jare lank ‘n Elvis-aanhanger is, of sy musiek vir die eerste keer beleef, my doel is dat elke persoon die vertoning met ‘n glimlag, kosbare herinneringe, en ‘n titsel nostalgie sal verlaat.” “Louis Loock sing Elvis” vertoning is ideaal vir teaters, feeste, korporatiewe funksies, privaat geleenthede, en bied gehore ‘n aand vol opwinding en wêreldklas vermaak.

Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria

Performances

Tickets