Nataniël Gesels by die Kersmark

Nataniël Gesels by die Kersmark

Nataniël se Leefstylpraatjie. Daar is steeds geweldige aanvraag na GESELS 2026! Hierdie jaar se gesels: “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.” Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit! Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp. Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele! Kaalkopwinkel beskikbaar met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies! Sitplekke moet ingeneem wees teen 10:45. Kaartjieprys R220 Duur 85 minute. Geen pouse. Ouderdomsbeperking 14 jaar. Geen selfone. Geen verversings tydens die vertoning. “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.” Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit! Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp. Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele! Kaalkopwinkel beskikbaar met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies!

NG Kerk Moedergemeente Mbonani Mayiselastr 13, Standerton, South Africa, 2430, Unknown

Performances

Tickets